Om nog even in de Zuid-Afrikaanse sfeer te blijven.
Wie het mossie doodgeskiet?
'Ek', sê die aasvoël,
'Met my geweer en koël,
Ek het hom geskiet'.
Wie het hom gehelp?
'Ek', sê die papegaai,
'Ek het sy geweer gelaai,
Ek het hom gehelp'.
Wie het hom sien sterf?
'Ek', sê die pikkewijn,
'Al is my oë klein,
Ek het hom sien sterf'.
Wie het sy bloed gevang?
'Ek', sê die koei,
'Hy het vreeslik gebloei,
Ek het sy bloed gevang'.
Wie het hom in die bed gesit?
'Ek', sê die vlooi,
'Want ek het 'n lekker kooi,
Ek het hom in die bed gesit'.
Wie sal sy graf gaan maak?
'Ek', sê die os,
'Daar bo in die bos,
Ek sal sy graf gaan maak'.
Wie dra die lyk?
'Ek', sê die kwikstaartjie,
'Ek is sterk soos 'n perdjie,
Ek dra die lyk'.
Wie lui die klok?
'Ek', sê die makou,
'Ek het een lang tou,
Ek lui die klok'.
Wie sal die palm sing?
'Ek', sê die spreeu,
'Ek kan lekker skreeu,
Ek sal die psalm sing'.
Wie gaan oor hom rou?
'Ek', sê die bok
'Ek het een swart rok,
Ek sal oor hom rou'.
Wie sal vir aasvoël straf?
'Ek', sê die volstruis.
"Ek skop hom met my vuis.
Ek sal aasvoël straf'.
Die voëls en die diere
wou aasvoël vermoor.
Toe hulle van die dood
van ons liewe mossie hoor.
Dit is een kindergedicht van V. Versveld.
Als je het een paar keer leest en met een beetje fantasie, ga je het steeds meer begrijpen.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten